Local newsNews

Uile ‘gedwing’ om veiliger nes te gaan maak

Toegang tot die nes is toegemaak en die uile sal noodgedwonge na ’n veiliger plekkie moet verhuis.

Die reputasie van ‘doodsvoël’ het ’n lelike nadraai gehad vir ’n uil-gesin.

Blykbaar is ’n jong nonnetjiesuil onlangs doodgemaak en gebrand en nou sit die uil-familie boonop ‘op straat’.

SIEN DIE VIDEO HIER

Mnr. Nicolas Mahlangu van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het gesê om die familie te red is daar besluit om die hoë hoofligte waarop hulle nesgemaak het, ontoeganklik te maak vir hulle.

“Ons het die hoë ligte toegemaak sodat die uile nie weer daar kan nesmaak nie. Dis vir hulle eie behoud,” het Mahlangu gesê.

Mahlangu het verduidelik dat uile met die dood en heksery verbind word, daarom word hulle doodgemaak.

Op Donderdag, 24 Junie is ST Crane Hire se hulp ingeroep om mee. Magdalie Theron en Frith Douglas van Dullstroom Birds of Prey and Rehabilitation  met ’n mobiele kraan op te lig om te sien wat in die nes aangaan.

’n Mobiele kraan is gebruik om die uile se nes by te kom.

“Dit was beslis ’n uilnes. Daar was geen kuikentjies in nie. Ek glo hulle was al groot genoeg om weg te vlieg,” het Frith gesê.

Toegang tot die nes is toegemaak en die uile sal noodgedwonge na ’n veiliger plekkie moet verhuis. Nicolas het interessante feite oor nonnetjiesuile gedeel.

“Wanneer die uile roep hoef jy nie te wag op ’n doodstyding nie. Jy kan met ’n geruste hart weet, uile is eindelik ons vriende. Hulle hou rotte en muise in beheer. Hulle kan so geruisloos deur die lug vlieg omdat hulle vere baie sag is. Die uile verskil van tipiese uile omdat hulle ondermeer ’n hartvormige gesig, in plaas van ’n ronde een het.”

Nicholas bedank ST Crane Hire en Dullstroom Birds of Prey and Rehabilitation vir hulle insae in die projek.

Frith het afgeluit en gesê hulle is altyd beskikbaar vir leiding of raad oor hoe om die uile veilig te laat ‘verhuis’.

Dullstroom Birds of Prey and Rehabilitation kan gebel word by 082 899 4108. Die plaaslike DBV kan gebel word by 013 650 2321.

Lees meer oor die SPCA se jaarlikse algemene jaarvergadering wat om die draai is

https://www.citizen.co.za/witbank-news/177015/spca-getting-ready-for-agm/?fbclid=IwAR0FOx9LqJ-c2Wp83PrLI_KxUwN6PC3VraSZS5ux9mDApn4DVmpQrnRD93w

https://www.citizen.co.za/witbank-news/177021/furry-shower-thrown-for-spca-witbank/?fbclid=IwAR12BxgrYgckR4pOQu3eSWpLhFB3FtvWaj5Xcoq2aXqJCuKI7pjLKALhoy8

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button