Local newsNews

’n Vol magie hoor beter

Daar word al die afgelope jaar 150 brode per week geskenk.

Hulle is al ’n huishoudelike naam in die gemeenskap van eMalahleni en steeds is daar geen einde aan gee as dit kom by Maureen Scheepers en Nadine van Schalkwyk nie.

Met menige projekte wat die dames aanvat, het hul nóg een aangeneem om bietjie vir bietjie ’n verskil te maak met brood, vir dié wat dit broodnodig het.

Die projek, genaamd ‘the bread run’ het al in Augustus 2020 afgeskop.

“Ons het daardie tyd ’n anonieme oproep gekry van ’n borg wat ons al ’n rukkie dophou in die media en met die vir ons 150 brode per week geskenk om aan die mense wat dit werklik nodig het, uit te deel. Dus het ons op Dinsdae besluit om ons rondtes te doen in ons gemeenskap,” het Scheepers vertel.

Die projek behels elke week ’n ander groep mense in verskeie gebiede in eMalahleni en ry die dames van hoek tot hoek om te kyk waar hul ’n honger gesiggie gewaar.

“Ons groot doel met hierdie projek is bloot net om ’n verskil te maak, nie net in die gemeenskap nie, maar in elke iedere persoon wat ons leer ken deur die projek,” het Nadine van Schalkwyk bygelas.

Vir albei hierdie dames is dit belangrik om op die grond te bly en bewus te wees van die nood in die strate. Met die uitdeel van brood ontmoet hulle mense wat gewoonlik uitgestoot word deur die publiek.

“Ons luister na hulle stories en probeer hulle dan help. Ons het al mense gekry van enkel mammas wat hulp nodig gehad het met skryfbehoeftes vir hulle kinders tot dwelmverslaafdes wat ons kon help tot in ’n rehabilitasie sentrum. Enige mens gaan nie die regte nood kan identifiseer as jy nie ‘brood breek’ saam met die mense nie,” het Scheepers ook vertel.

WITBANK NUUS het vir beide Maureen en Nadine gevra waar hul dryfkrag vandaan kom met hierdie onophoudelike liefdadigheidswerk wat hul aanpak en dadelik sonder twyfel het hulle gesê:

“Vir ons persoonlik het gemeenskapwerk totaal ’n verslawing geword. Die gevoel wat jy kry elke keer as iemand trane van dankbaarheid het, dis onbeskryflik. Dis ’n roeping, dis waarvoor ons leef en natuurlik elke donasie, gebed en bystand van verskillende mense en organisasies maak dit vir ons moontlik om effektief te wees.”

Alhoewel ons as gemeenskap geneig is om net die lelik van ons dorp raak te sien en te beleef, wys hierdie twee dames dat daar werklik mooi in alles is.

“Ons woon in ’n wonderlike plek, dit maak my kwaad as mense sê daar is nie hoop vir die steenkoolstad en sy probleme nie. Dink net as almal ’n bietjie tyd kan insit en sy medemens help, kan ons saam groei. Raak betrokke in iets en straal liefde uit na die wat dit die minste verwag,” het hul ten slotte gesê.

*As daar enige inwoners is wat dalk ’n klein donasie wil skenk vir dié goeie doel, kan hul gerus vir Maureen Scheepers of Nadine van Schalkwyk kontak by 082 565 6770 of 082 332 4105.

LEES MEER OOR NADINE EN MAUREEN SE PROJEKTE – 

https://www.citizen.co.za/witbank-news/175208/dignity-bag-project-is-still-ongoing-in-emalahleni?fbclid=IwAR2x74daEggdLjsUg42tjMrEivvYEOdJzmg1tsuMm-iwvHELnpVUktHrwUk

https://www.citizen.co.za/witbank-news/167021/orphans-spoiled-this-november/?fbclid=IwAR2v5dkq_XMeyIUjLYCy-uZ1XeKl611YdhIUFsaTubUsknLHJJOPceMquEc

Deel jou nuusbrokkies met ons: 

Of volg ons op ons sosiale media platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button