Richelieu met bietjie ‘eish’ na vasektomie
Richelieu, ’n leeu wat die skaal oor die 170kg laat bewe, het ’n vasektomie gekry.
Witbank Veterinary Hospital het ’n eregas gehad.
’n Massiewe leeumannetjie, wat die skaal op sowat 170kg trek, was Dinsdag, 6 Junie onder die skalpel.
Kyk die video hier hoe dr. Nolan Landman ’n vasektomie op ’n 170kg leeu doen.
Onder plaaslike veearts, dr. Nolan Landman en veeartse van Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut se bekwame hande het Richelieu ’n vasektomie ondergaan.
“Nee, hy is nie gekastreer nie, ons het die menslike tegniek, wat ’n vasektomie is, gebruik. Met ander woorde, sy saadbuisies is net afgebind,” het dr. Nolan verduidelik.
Mnr. Deon Cornelius, eienaar van uBhetyan O Africa, vanwaar Richelieu is, het gesê hulle mag nie met leeus teel nie en daarom is daar besluit om die vasektomie op die leeumannetjie te doen.
Die operasie is gedoen terwyl veeartsenykunde-studente van die buiteland toegekyk het. Hulle was hier om meer te leer oor die tegniek wat gebruik word om die vasektomies te doen.
“Dit gaan baie goed met Richelieu, hy is weer hom ou self,” het dr. Nolan gesê.
LEES MEER:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/111538/serval-hit-car-residential-area
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
