Soos inwoners bou, breek diewe af
Op 12 Augustus het nog ’n inwoner van ’n kompleks onverwags opgedaag by haar tuiste, tydens werksure toe sy sien haar muur is stukkie vir stukkie afgebreek.
Die modus operandi van boewe wat baksteenmure afbreek om toegang te verkry tot inwoners se erwe, is niks nuuts in eMalahleni nie.
Die afgelope week het daar twee sulke gevalle in die Reynorif-woonbuurt voorgekom.
In die eerste voorval was die inwoners vir ’n geruime tyd nie tuis nie, maar is deur die vinnige optrede van hul bure gelukkig gewees dat die boewe nie kon slaag in hul doel nie.
Op 12 Augustus het nog ’n inwoner van ’n kompleks onverwags opgedaag by haar tuiste, tydens werksure toe sy sien haar muur is stukkie vir stukkie afgebreek.
“Ek het dadelik in kontak gekom met my bure en die inwoners rondom my. Hulle kon nie glo dat dit in 10 tot 15 minute gebeur het nie. My buurvrou was 10 minute voor ek by die huis gestop het, daar verby waar hulle my muur afgebreek het en was dit toe nog alles in orde,” het die inwoner, Petrus Botha aan WITBANK NUUS vertel.
Verder het nog inwoners vertel dat dit wel tussen 12:00 en 12:30 moes plaasvind omdat hulle ook daar verby is tussen daardie tyd toe alles nog in orde was.
“Kyk misdaad is ’n realiteit in ons land en kan jy enige iets verwag van misdadigers en die tegnieke wat hul gebruik om te kry wat hul wil. Wat my wel hinder, is die skade wat hul maak en die arrogansie wat hul het om dit in daglig op ’n plek te doen waar hul enige oomblik betrap kan word. Die misdadigers word makker by die dag,” het Botha bygelas.
Hy het ook verder gesê dat hierdie tipe voorval al twee keer in die afgelope jaar gebeur het, waar hulle die muur afbreek waar daar ’n dak of soos in die geval ’n houthuisie is om ’n greep te kry waar hul alle sekuriteit kan omseil deur middel van ‘trapplek’.
“Inwoners moet ten alle tye so paraat wees wat in hul omgewing plaasvind en alle agterdogtige aktiwiteite met hul bure bespreek. Dit is immers die mense wat dadelik kan reageer en kommunikeer met ons wat verskillende ure daagliks en saans werk,” het Botha ten slotte gesê.
Deel jou nuuswenke met ons:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
E-pos: wtbnews@mweb.co.za
Volg ons ook op:
Instagram, Twitter, Witbank News App, Facebook page, Witbank News Breaking