Local newsNews

Harte is oop na bejaarde egpaar alles in brand verloor

Tannie Annetjie van Woudenberg het almal bedank vir al die liefde, gebede en skenkings.

Skenkings stroom in nadat ‘n huis in Tasbetpark vroeër die naweek afgebrand het.

KYK DIE VIDEO: Tannie Annetjie van Woudenberg sê dankie,

Die eienaar van die huis, mnr. Johan van Woudenberg is steeds in Life Cosmos Hospitaal se intensiewesorgeenheid.

Hy is inderhaas opgeneem nadat die rook hom Vrydag, 20 Augustus in die brandende huis  oorval het.

Hy is deur een van die inwoners in die omgewing, mnr. Douglas Pretorius uit die huis gered.

Daar is bykans niks van die huis oor nie. Die kombuis het die minste skade opgedoen.

“Ek weet nie  hoe die brand ontstaan het nie,” het me. Annetjie van Woudenberg vertel.

Sy het gesê sy, oom Johan en hul vyfjarige kleinseun was in die huis toe die brand onstaan het.

“Die kleintjie het vir my gesê hy gaan toilet toe. Die oom sê toe vir my hy ruik iets en ek dag dis iemand wat weer iets buite brand. Ek het opgestaan en gaan kyk en in die eerste kamer was daar net vlamme op die bed,” het sy hartseer vertel.

Sy het vir haar kleinseun geskree om uit te hardloop en by die hek om hulp te roep.

“Die oom het nie gesien dat die kleintjie  verby my is nie en het terug in die huis ingegaan daar waar die vuur nog nie was nie.

Skielik het alles net begin brand en hy was vasgekeer.” LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/104794/huis-brand-af-wyl-gesin-met-vakansie/?platform=hootsuite

Mnr. Pretorius, wat die brandende huis van sy huis af gesien het, het deur die badkamervenster geklim en oom Johan deur die venster na veiligheid getrek.

“Oom Johan en Tannie Annetjie het verder alles in die brand verloor. Ons vra die gemeenskap vir skenkings van beddens, klere, beddegoed, gordyne, en kos,” het pastoor Deon Scheepers van die AGS Oasis-gemeente gesê.

Pastoor Scheepers kan gekontak word vir skenkings: 083 701 1737. Hy het afgesluit deur te vra dat almal biddend sal bly vir die Van Woudenberg-egpaar.

Deel jou nuuswenke met ons: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 E-pos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons ook op: Instagram, Twitter, Witbank News App, Facebook page, Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button