Local newsNews

Sneeu nie op weerkaart vir eMalahleni nie

Daar is nog geen sekerheid of die stelsel sal hou op sy voorspelde roete nie as gevolg van veranderinge in weerpatrone.

Reënval in Suid Afrika het ’n uitklaring aan alle lesers uitgereik na gerugte van die ‘grootste kouefront ooit’.

“Ons is bewus van sosiale media uitlatings rondom die weer wat op almal wag. Ons is ook bewus van voorspellings wat sê dat dit gaan sneeu oor al nege provinsies en sekere dele uitgesonder word om die aandag daarop te vestig,” het die verklaring gelei.

Die feit van die saak is dat daar  wel ’n baie sterk kouefront oppad waarvan SA Weerdiens sowel as ander belanghebbendes en rolspelers sedert verlede naweek al bewus is van en ook monitor.

Die stelsel is by benadering sowat 6 342 km weg en is tans oor Suid Amerika.

Daar word verwag dat die stelsel teen laat Donderdag sy invloed sal laat geld oor die westelike dele van die Noord- en Wes Kaap.

Daar is nog geen sekerheid of die stelsel sal hou op sy voorspelde roete nie as gevolg van veranderinge in weerpatrone.

Daar is ook nog geen duidelikheid van sy sterkte, hoeveelheid reën en meer nog, die hoeveelheid sneeu en die verspreiding daarvan nie, so om nou al akkurate vooruitsigte daaroor te plaas is onverantwoordelik en is gemik daarop om sensasie te wek.

“Die SA Weerdiens sal beslis vroeë waarskuwings uitreik en ons as groep sal die waarskuwings herlei na ons lede. Ons as groep beskou die SAWD as die enigste gesaghebbende instansie wat akkurate weerinligting verskaf en neem gediend daarmee,” lei die verklaring van Reënval in Suid-Afrika.

Enige ander bron van inligting hieroor, insluitende plasing van weerkaarte, WhatsApp boodskappe, ensovoorts, anders as SAWD inligtingstukke hieroor, sal verwyder word.

Lees meer: 

Are you geared up for the cold weather?

Drive safely in wet weather

Cold weather health tips for your pet

Deel jou nuuswenke met ons:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

E-pos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons ook op:

Instagram, Twitter, Witbank News App, Facebook page, Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button