Local newsNews

Oorvol kar laat monde in verbasing oophang

Die polisie ondersoek die saak en die diere na die plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV) geneem

Drie mans is vanoggend gearresteer toe hulle swaargelaaide voertuig die polisie se aandag getrek het.

Groot was die verbasing toe die polisie die Nissan Sentra aftrek omdat die kar se agterligte nie gewerk het nie, en buiten die bestuurder en drie passasiers daar drie skape en nege bokke in die kar was.

Wat sommige sal beskou as ’n groot grap word as ’n ernstige misdaad beskou omdat dit dieremishandeling is.

Die een bok is na ’n veearts toe geneem omdat dit skaars kon loop omdat dit nie kon beweeg in die beperkte spasie nie.

Drie van die mans is in hegtenis geneem.

Die polisie ondersoek die saak en die diere na die plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV) geneem.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button