Kom kuier saam met Rudi Claase om die middagete-tafel
Jy kan die middagete optrede net nie misloop nie.
Rudi Claase het reeds oor die 400 oorspronklike liedjies gekomponeer, sommige daarvan vir van die land se grootste kunstenaars.
Rudi kom op 2 Oktober tussen 11:00 en 14:00 by Indlela Country Estate optree.
Sy se musikale vaardigheid het al bygedra tot die verkope van oor die vier miljoen CD’s deur van die land se gewildste kunstenaars.
Sy ‘Lieflinge-projek’ en breinkind se vorige albumverkope het reeds 250 000 eenhede oorskry. Rudi se vernuf het hom goue, platinum – en dubbelplatinumstatus, drie Tempo- en twee Vonktoekennings besorg.
Rudi is die alles-in-een pakket wat nie net kan skryf nie, maar ook kan sing.
Kaartjies kos R300 elk en dit sluit ’n heerlike middagete in.
Vir kaartjies of meer inligting bel Suzette Claase: 082 416 8204.
Jy kan Rudi volg op
Facebook – https://www.facebook.com/RudiClaase
Instagram – #Rudiclaase
Twitter – @Rudiclaase
Webblad – www.rudiclaase.com
YouTube – RudiClaaseVEVO – YouTube
Deel jou nuuswenke met ons via:
- Telefoon: 013 656 2490
- WhatsApp: 060 866 8682
- Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking
