CrimeLocal newsNews

Nissan Sentra het genoeg spasie vir drie mense, twee skape en nege bokke

Die mans is op 25 Augustus gearresteer toe polisie onraad vermoed toe ’n swaargelaaide Nissan Sentra verby hulle ry.

Drie mans het in Witbank Landdroshof verskyn nadat hulle geen verduideliking kon gee vir twee skape en nege bokke in hulle kar nie.

Die mans is op 25 Augustus gearresteer toe polisie onraad vermoed toe ’n swaargelaaide Nissan Sentra verby hulle ry.

Hulle kon hulle oë nie glo toe die drie mans uit die Nissan klim en die geblêr van bokke en skape hulle aandag trek nie.

In die kar het die polisie twee skape en nege bokke gekry.

Een van die bokke moes inderhaas na ’n plaaslike veearts geneem word omdat dit gesukkel het om te staan as gevolg van die posisie waarin dit in die kar gedruk was.

Dit gaan goed met die bok.

“Daar is ’n saak van veediefstal en dieremishandeling teen die mans oopgemaak, het kapt. Eddie Hall polisiewoordvoerder gesê.

Die diere is almal na die plaaslike dierebeskermingsvereniging geneem.

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Volg ons ook op: Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button