Plant is goed vir die gemoed en siel
Baie raad oor tuinmaak is van Johan en Liz uitgedeel

Die ‘Van tuin tot tafel’-werkswinkel wat die afgelope naweek by Lush Coffee and Art by Van der Berg’s Kwekery aangebied was, is iets waaroor huistoe geskryf kan word.
Dié werkswinkel is Saterdag, 4 September deur die bekende Liz Meiring en Johan du Preez aangebied.

Tussen Johan se aansteeklike lag en Liz se kwistige sêgoed is baie raad oor tuinmaak uitgedeel.

Diegene wat die werkswinkel bygewoon het, het elkeen ’n bak gekry en stap vir stap is hulle gewys watter plante mekaar in die bak komplimenteer en hoe die smake daarvan beïnvloed word.

Moet nie die volgende werkswinkel misloop nie, dit was voorwaar ’n heerlike ondervinding.

Lees Meer:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/178493/baadjies-aan-bome-tref-emalahleni/
Share your news tips via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Or follow us on WITBANK NEWS platforms:
