Baba Eon gaan moontlik binnekort huis toe
Die drie maande oue babaseuntjie van voormalige inwoner van eMalahleni, me. Jeanine Kilian Maree se suurstof is afgehaal.

Baba Eon het nou almal se gebede nodig.
Die drie maande oue seuntjie van voormalige inwoner van eMalahleni, me. Jeanine Kilian Maree se suurstof is afgehaal en as hy binne die volgende 24 uur sonder die suurstof kan asemhaal, gaan hy huis toe.
Baba Eon is tans in Mediclinic Highveld op Trichardt nadat Covid-19 ook sy kloue in die klein lyfie ingeslaan het.
Mamnma Jeanine het gesê Eon se suurstof is vanoggend afgehaal en sy vra dat almal vir dié kleinman sal bid.
Jeanine hou haar seuntjie se suurstof met ’n valkoog dop terwyl manlief Hein na hul twee jaar oue dogtertjie Chanine omsien.
Die hele gesin het positief getoets vir Covid-19.
“Mense wat Covid gehad het sal weet hoe seer ’n mens se lyf kan wees. So dink net as jy drie maande oud is en nie vir mamma of pappa kan sê hoe jy voel nie,” het Jeanine gesê.
Sy het gesê Chanine is weer haar ou self.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op:
Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking


