Local newsNews

Wheels vier 40ste in styl

Terwyl die braaivleisvure geknetter het, is daar stories vertel van vergange dae en hoe dit in die ‘ou-dae’ gedoen was.

Wheels in the Sky Motorfietsklub het rede om fees te vier. Die klub is 40 jaar oud.

Die klub is in 1981 gestig en spog vandag met klubs in verskeie provinsies.

Hulle het Saterdag, 4 September by Barham Bay saamgetrek en die naweek op eg motorfiets-kultuur gevier.

Terwyl die braaivleisvure geknetter het, is daar stories vertel van vergange dae en hoe dit in die ‘ou-dae’ gedoen was.

“Dit was vir ons ’n eer om ons broers van oraloor hier by ons te kon ontvang in Mpumalanga. Ons het heerlik saam gekuier, gelag en na die ‘ou-manne’ se verhale van toeka se dae geluister,” het Michael Longuiero, president van die Middelburg klub gesê.

Deel jou nuuswenke met ons via: 

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op:

Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button