Polisiekaptein uit die hospitaal ontslaan na aanval
Polisiekaptein sterk aan by die huis na hy vroeër die week op die N12 in die been geskiet en gekaap is.

Kapt. Johann Grobler is vanmiddag vanuit Life Cosmos Hospitaal ontslaan.
Kapt. Grobler wat vroeër die week op die N12 in die been geskiet en gekaap is, het gesê hy sou nie deur die week kon kom sonder die ondersteuning van familie en vriende nie.
“Baie dankie vir elke oproep, boodskap en gebed. Dit het my deur die week gedra,” het kapt. Grobler gesê.
Hy sterk tans by die huis aan.
Lees meer:
Polisiekaptein nog steeds in hospitaal na aanval op N12
Polisieman helder oordag op N12 byna gekaap
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking
