Kom kuier saam ‘Oppie Stasie’ in die buurdorp
Die fees wat van 15 tot 17 Oktober by die treinstasie in Middelburg plaasvind, word deur die Mpumalanga Rail Company (MRC) aangebied.
Witbankers word uitgenooi na die ‘Oppie Stasie’ fees wat binnekort in die buurdorp plaasvind.
Die fees wat van 15 tot 17 Oktober by die treinstasie in Middelburg plaasvind, word deur die Mpumalanga Rail Company (MRC) aangebied en is ook die amptelike opening van die museum by die stasie, wat reeds sedert 1894 bestaan.

MRC is in 2018 deur Johan Janse van Rensburg gestig uit sy passie en liefde wat hy van kleintyd af het vir treine en spesifiek lokomotiewe. Middelburg Stasie is deur MRC opgeknap en spog nou met ’n museum vol gedenkwaardighede, ’n koffiekamer- en kroeg en hope plek vir kinders om te speel.
Verrigtinge begin Vrydag om 12:00 op gepaste wyse met skriflesing en gebed. Om 14:00 is daar verskillende dansers wat gaan optree en om 18:00 is plaaslike kunstenaar, Ruan Nel die voorsanger vir die hoofkunstenaar, Ruan Tennant wat om 20:00 sing. Laasgenoemde is ook die seremoniemeester tydens die fees.
Saterdag se program skop om 08:00 af met ’n ‘Amazing Race’ waaraan almal kan deelneem. Die wegspring is by Middelburg Stasie.

Om 09:00 is daar lekker storie-stories, staaltjies wat deur oud-spoorwegwerkers vertel gaan word oor hul dae as lokomotief-stokers.
’n Motorskou vind om 11:00 plaas, waartydens die motors besigtig kan word en mense hul gunsteling kan kies om te bepaal wie die mooiste kar het.
Later die middag tree sanger, Will Jordan op en die amptelike opening van die museum word deur die burgemeester van Middelburg waargeneem. Daarna kan almal agteroor sit vir optredes deur Ruan Tennant en die hoofkunstenaar, Irene-Louise van Wyk.
Sondag is daar ’n kort kerkdiens, waarna Ruan Nel vir die vermaak gaan sorg.

Motorfietsryers maak daarna hul opwagting en hiér kan mense ook stem vir die mooiste ysterperd.
Die res van die middag word daar musiek gemaak deur Ruan Tennant.
Daar sal verskeie kosstalletjies wees waar heerlike eet- en drinkgoed te koop aangebied sal word.
Toegang beloop R50 per volwassene, R20 vir kinders en pensioenarisse.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Liezl: 084 990 5844 of Johan: 082 696 3884.
Read More:
Share your news tips via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Or follow us on WITBANK NEWS platforms:
