Baie geluk aan Zané van der Mescht, Anuchka Muller en Lungile Myeni wat by die Mpumalanga Jeugkoor vir 2022 ingesluit is.
Leerders van nege skole van regoor die provinsie het onlangs ‘n koorkamp by Samekoms Kampterrein net buite Middelburg bygewoon waartydens oudisies gehou is.
LEES MEER OOR RUGBY BY HTS
Die jeugkoor is tans 70 koorlede sterk.
Baie geluk ook aan Anuchka Muller wat verkies is tot leier vir 2022 asook Zané van der Mescht wat verkies is tot logistieke leier.
Baie geluk, die Hoër Tegniese Skool is baie trots en hou jul met groot verwagting dop.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking
