‘Ek is lewenslank gevonnis’
Me. Santie Radley het met WITBANK NUUS gesels oor haar seun se dood.

Op 1 Mei 2019 is ’n jong man in die fleur van sy lewe koelbloedig doodgesteek na ’n onderonsie by ’n garage in Ga-Nala.
Die hofsaak wat vir 13 en 14 Oktober geoormerk was vir verhoor moes uitgestel word omdat die hof se opnamemasjien gebreek het.
Buite die Kriel Landdroshof het me. Santie Radley, wie se seun mnr. Johan Fourie se kruis met sy foto op langs die garage stil vertel dat hy hier doodgebloei het – bewend met WITBANK NUUS gesels en gesê hart smart het nie einde nie.
“Ons is in ’n nagmerrie met tussenposes van rou hartseer en bitterheid,” het Radley gesê.
Sy het ’n slukkie water geneem en die trane probeer wegsluk, maar dit het deur haar oë ontsnap.
“Ek is lewenslank gevonnis, ek herleef Johan se dood elke dag. Die Here alleen weet hoe ek na hom verlang.”
Die drie verdagtes, mnre. Bongani Mahlangu, Sbusiso Mndebele en Vusi Masango.het onskuldig gepleit nadat die staatsaanklaer, mnr. Fanie Sibiya op 13 Oktober die klagstaat aan hulle voorgelees het.
Die saak is uitgestel tot Maart volgende jaar. Lees meer oor die hofsaak in die week se uitgawe van WITBANK NUUS.
Get in contact with us: Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za
Follow us on our social platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
