Vrouetee saam met Cathy een vir die boeke
Oktober is gegroet met ’n heerlike funksie.

’n Baie suksesvolle vrouetee was soos ’n oases vir die siel die afgelope naweek. Die damestee is Saterdag, 30 Oktober by die AGS Oasis aangebied en die gaskunstenaar was die legendariese gospel-kunstenaar Cathy Viljoen.

Dames het die kans gehad om te gesels, aan heerlike eetgoed te smul en na al die uitstallers se goedere te kyk.

Die bekende fotograaf, me. Hester Stock het die foto’s vir die oggend geneem en leerders van Hoërskool Reynopark het gesorg vir die smaaklike ete.

“Baie dankie aan elkeen se aandeel in die sukses van die oggend,” het me. Felicity Jordaan, organiseerder van die oggendtee gesê.

Lees Meer:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/175875/here-hou-ons-kinders-veilig/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/182440/kom-kuier-saam-met-cathy/
Share your news tips via: Telephone: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: [email protected] Or follow us on WITBANK NEWS platforms: Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking