Local newsNews

Dié tyd van die jaar beteken besigheid vir rowers

Met nog twee besigheidsrooftogte wat die afgelope week by Witbank Polisiestasie aangemeld is

Dit is al ’n jarelange tradisie, nes Kersfees, dat rowers veral dié tyd van die jaar kies om toe te sak op plaaslike besighede.

Met nog twee besigheidsrooftogte wat die afgelope week by Witbank Polisiestasie aangemeld is, waarsku die manne in blou weereens alle besigheidseienaars om op hul hoede te wees.

Op 12 November het drie verdagtes toegesak op ’n plaaslike skrootwerf en die veiligheidswagte glo gedreig met vuurwapens voor hul die besigheid besteel het van ’n onbekende bedrag kontant.

Een van die wagte op diens het beweer dat een van die verdagtes aggressief geword het en hom met sy vuurwapen op die neus geslaan het.

Hulle het blykbaar aangedring dat die wagte hul wys waar die paniekknoppie sit, hulle het glo die paniekknoppie gevandaliseer voor hul gevlug het van die toneel.

In nog ’n voorval wat plaasgevind het op 13 November is ’n plaaslike besigheid na bewering geplunder en beroof deur sewe verdagtes wat gewapen was.

Dit word beweer dat die verdagtes net na oopmaaktyd die winkel binnegestap en heel kalm verduidelik het wat hul wil hê, alhoewel hul die vuurwapens op die kassier gerig het.

Die verdagte rowers het al die personeel se selfone afgevat asook ’n onbekende bedrag geld voor hul op die vlug geslaan het.

Geen arrestasies is gemaak nie, maar die polisie is tans besig om die misdaad te ondersoek.

Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button