[Opvolg] Bernadette is in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem
Bernadette is skaam oor wat gebeur het.

Die vrou wat verlede week kaal in Gordon- en Libertasstraat voor karre ingehardloop het, is opgeneem in ’n rehabilitasiesentrum.
Haar ma, me. Annetjie Spies het met WITBANK NUUS gepraat en gesê hulle dogter het vrywilliglik ingestem om rehabilitasiesentrum toe te gaan.
Die 38-jarige Bernadette het vir ’n opskudding gesorg nadat haar gille inwoners in die omgewing vroegoggend wakker gemaak het.
Inwoners het verbaas toegekyk hoe sy kaal voor karre inhardloop.
Sy is deur een van die inwoners plat geduik en met ’n japon toegegooi.
Sien die video hier:
Kaal vrou in straat veroorsaak opskudding in gemeenskap
Terwyl haar vriend haar styf vasgehou het, het die inwoners spontaan hul hande uitgesteek en vir haar begin bid.
Lees die week die opvolg berig in WITBANK NUUS.
Deel jou nuusbrokkies met ons: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Email: wtbnews@mweb.co.za
Volg ons op sosiale media: Instagram, Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking