Emalahleni staan saam om gesin te help wat alles in brand verloor
Swanger mamma, me. Dominique Morgan het al die babagoed in die brand verloor. Baba Potgieter maak oor drie maande sy opwagting.

Donasies stroom in vir die Potgieter-familie van Jackaroopark wie se huis gisteraand afgebrand het.
Die huis was teen laatmiddag op Donderdag, 9 Junie in vlamme gehul.
Brandweerspanne, wat by die bure oorgeneem het in ’n poging om die huis te red, was onsuksesvol omdat vuurtonge reeds gulsig aan die dak gelek het.
Die gesin het alles in die huis verloor.
Die buurtwag van Modelpark het ’n kontant-donasie aan die gesin gemaak en daag alle besighede uit om dieselfde te doen.
Pick n Pay River Crescent het R5 000 se kruideniersware geskenk.
Pastoor Deon Scheepers van die AGS Oasis-gemeente het die kerk se welsyns-bankrekening beskikbaar gestel vir finansiële bydraes.
Die rekeningbesonderhede is:
Standard Bank
Rekeningnommer: 10130342627
Takkode (EFT) 0511001.
Gebruik asseblief die verwysing Potgieter/Morgan brand met inbetalings.
Deel jou nuusbrokkies met ons
Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

