Hengelaars baljaar onder die vis tydens Winter Bass Skins
Dié hengelkompetisie het op 9 Julie plaasgevind met ywerige hengelaars wat reeds vroeg hulle lyne in die water gehad het

Outdoor Gas & Equipment/ Witbank Rod and Reel Winter Bass Skins 2022 was weer vanjaar ’n wegholsukses.

Dié hengelkompetisie het op 9 Julie by Maanlig-oord plaasgevind.

Altesaam 37 ywerige hengelaars het ten spyte van die mis reeds vroeg hulle lyne in die water gehad.

“Met die dam wat toe was met digte mis kon ons nie begin nie en hengelaars is toegelaat om van die kant af te vang,” het Theuns Brecher, een van die organiseerders aan WITBANK NUUS gesê.

Dus was die eerste skin se visse almal van die kant af gevang met JP Maritz wat almal verbaas het met ‘n swartbaars van 2.405kg.

Net na 10:00 was almal op die water en het hengel in alle erns begin.

So lyk die uitslae van die dag:
Skin 1:
JP Maritz 2.405kg
Hendrik Engelbrecht 0.605kg
Ralph Goldstone 0.346kg
Skin 2:
Ashlin Ramarack 0.595kg
Fanie Fourie 0.453kg
Reuben Vorster 0.208kg
Skin 3:
Hannes Schoeman 1.082kg
Ivan Bezuidenhout 0.702kg
Ralph Goldstone 0.514kg
Skin 4:
Jan Pienaar 1.099kg
Johan du Toit 0.873kg
Riley Fourie 0.515kg
Skin 5:
Johan Herbst 2.057kg
Mynhardt du Toit 1.210kg
Flip Maritz 0.693
JP het weggeloop met die grootste vis vir die dag. Die junior wenner is Ivan en Fanie het met elke skin ’n vis ingeweeg. Hy het ook die kleinste vis vir die dag gevang, enetjie wat maar net 0.118kg geweeg het.
“Dankie aan ons borge wat die kompetisie moontlik gemaak het,” het Theuns afgesluit.
Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking