Local newsNewsUpdate

Ongeluk op R555 eis lewe van bekende staatsaanklaer

ʼn Man is in hegtenis geneem kort nadat die ongeluk gebeur het.

Die ongeluk op die R555 (ou-Middelburgpad) het ʼn tragiese einde gehad.

 

Mnr. Alf Grobler, ’n bekende plaaslike staatsaanklaer is in die ongeluk, wat omstreeks 19:40 gisteraand gebeur het, oorlede.

 

ʼn Man is kort na die ongeluk op die toneel in hegtenis geneem.

 

Daar was drie karre in die ongeluk, wat op die pad tussen die Safari Kafee en Puma garage gebeur het, betrokke.

 

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

 

Die pad was vir ʼn geruime tyd gesluit en die plaaslike kriminele rekord sentrum was tot laat gisteraand besig met opmetings op die toneel.

 

Lees die volle berig in die volgende uitgawe van WITBANK NUUS.

 

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button