Local newsNews

Twee oumas vang hulle kleinseun nadat dié mannetjie baie haastig was om die wêreld in te kom

Twee oumas moes bontstaan toe hul kleinseun by die huis besluit dis nou tyd om sy opwagting te maak.

Twee oumas het die wonderlikste oomblik gedeel toe hulle hul kleinseun in die wêreld gebring het.

Daar was nie tyd vir speel toe Baba Ayden Venter besluit hy is gereed om die wêreld te groet nie.

Ayden is op 23 Augustus om 17:02 gebore. Wat hy nie besef nie is dat hy ’n hele opskudding veroorsaak het, want sy twee oumas, mee. Elaine Venter en Marietjie Badenhorst moes instaan, want mamma Bianca Badenhorst sou dit nie in tyd hospitaal toe gemaak het nie.

Ouma Elaine tel die drade van die storie op, “Bianca sou eMalahleni toe gekom het, maar ons was nie seker wanneer die meneertjie sou kom nie. My seun was in Hendrina vir werk en toe Marietjie my bel, toe weet ek hier kom dit nou.”

Elaine het deurgejaag Middelburg en by die weegbrug het sy ’n oproep ontvang en Ouma Martietjie het gesê Bianca se kraampyne is al vyf minute uitmekaar.

Met hul aankoms het Elaine net geweet…. vandag is die dag wat sy baba vang.

“Ek het die trappe in Bianca hulle se huis een kyk gegee en net geweet met haar pyne wat twee tot drie minute uitmekaar is, tel elke sekonde.”

Toe Bianca haar skoonma sien het sy net gesê “Ek wil druk”.

Elaine se vriendin, me. Lenie van Rensburg het begin rondbel en so het dit gebeur dat een van eMalahleni se hartsmense, mnr. Gavin Cooper van Legacy Emergency Medical Services die oproep kry en Elaine terugbel.

“Die oomblik toe ek met Gavin praat was dit asof God’s liefde ons omvou het. Hy het my so kalm gehad, sy stem was iets bonatuurliks mooi en sag.”

Elaine het gesê die volgende paar minute was dit net sy, Marietjie, Bianca en Gavin se stem.

“Gavin het vir my gesê om handdoeke te kry, omdat Bianca toe al begin ontsluit het.”

Hy het haar telefonies vertel hoe om haar hande agter baba Ayden se koppie en sy ruggie te hou en nie te trek nie.

“Gavin het gehoor toe Bianca se sy wil toilet toe gaan en hy het haar aangemoedig om te druk. Met die derde druk was Ayden veilig in my arms.”

Marietjie het die naelstring met een van pappa Pieter Venter se vellies se skoenveters afgebind en gesny.

Mamma, pappa en baba was by die hospitaal en die dokters het gesê dit gaan goed met mamma en baba (en die twee oumas).

“Ek het nie woorde om vir Gavin dankie te sê nie, die man is ’n engel,” het Ouma Elaine gesê.

Dit is die gesin se derde kind en Elaine se vyfde kleinkind.

Deel gerus jou nuusbrokkies met ons. Jy kan ons bel op 013 656 2490, epos op info@witbanknews.co.za ons sosiale media skakels volg: InstagramTwitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button