CrimeLocal newsNewsBreaking News

Mense word gemaan om versigtig te wees nadat drie mans in ’n wit Toyota Tazz probeer het om ’n plaasstal op die Verenapad te beroof

Die plaaswerker het homself boeglam geskrik en is in sy hand geskiet.

’n Plaaswerker op ’n plaas op die Verenapad uit, is in sy hand geskiet toe drie mans na bewering gepoog het om ’n plaasstal te beroof.

Mnr. Jaco Botha, eienaar van die plaas het gesê die voorval het vanoggend gebeur.

“Ek dink die rowers wou ons plaasstal beroof,” het Botha gesê.

Die plaaswerker het weggehardloop toe hy raakgeskiet is.

Daar is geen ander inligting behalwe dat die rowers in ’n wit Toyota Tazz weggejaag het nie.

Dié plaas is so ongeveer 30km uit eMalahleni uit.

Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 of epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button