Witbank DBV soek goeie huise vir alle tipe honde en katte
Die DBV het skenkings nodig van kombersies tot kos vir honde en katte.
Witbank Dierebeskermingsvereniging (DBV) red elke week hawelose diere en daar is ook verskeie diere wat daar afgelaai word.

Die beste wat met hierdie diere kan gebeur is as hulle aangeneem word deur liefdevolle diereliefhebbers.

Intussen sorg die DBV vir hulle en daarom word die hulp van die gemeenskap benodig.

Die DBV benodig dringend komberse en blikkies kos vir honde en katte.

Die gemeenskap word ook aangemoedig om bietjie van hul tyd te skenk as ʼn vrywilliger en ’n uur of twee saam met die diere te spandeer.

Vir enige navrae kontak gerus vir Carike Roux by die DBV 082 724 0909 of die kantoor 013 650 2321.
Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
