Anje en haar mede ‘black mambas’ slaan die ‘Fair play award’ los by binnenshuise hokkie toernooi
Anje en haar span het deelgeneem aan die o.12 North National Pro Series Indoor Hockey Tournament van 6 tot 9 Oktober, en trots teruggekom met hulle 'Fair Play award'.

Anje van der Westhuizen en haar span, die ‘Black Mamba’, het die North National Pro Series Indoor Hockey Tournament aangedurf van 6 tot 9 Oktober.
Haar ma, Tanja van der Nest, het met trots vertel dat elke speler hulle hart uitgespeel het.
Sy het vertel dat die ‘playoffs’ op 9 Oktober plaasgevind het, en dat die span teen die ‘Titan Beasts’ gewen het met ’n eindpunt van vier teen twee, maar ongelukkig die laaste wedstryd teen die Quaggas verloor het met ’n eindtelling van een teen twee.
Alhoewel die laaste wedstryd nie die ‘wen’-stryd was nie, het Anje se span weggestap met die ‘Fair Play award’.
“Hierdie was alles moontlik as gevolg van die ‘Hockey farm’ waar sy oefen. Hulle het die platform geskep vir kinders om meer te leer. Ons wil net dankie sê aan die Hockey Farm vir hul reuse bydra tot Anje se sukses,” het Tanja gesê.
Natuurlik stop ma se trots nie daar nie, en sy sê dat Anje ’n “blessing” is.
“Jy is so groot ‘blessing’ vir ons en maak ons baie trots met alles wat jy aanpak in die lewe. Harde werk word altyd beloon,” het sy ten slotte gesê.
Hokkie aanhangers moet hulle oë op die ‘Black Mamba’ span hou, want dié slange seil vorentoe met hulle hokkie talent.
Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking