Zalala Equestrian Centre hou al galoppend hul eerste oefenskou
Zalala Equestrian Centre het met ‘perde’ trots hul eerste amptelike en suksevolle somer oefenskou angebied op 11 Maart wat ruiters en toeskouers laat ‘runnik’ het met entoesiasme.

Die afgelope naweek het ’n dag gebring wat nooit vergeet gaan word deur Zalala Equestrian Centre nie, want dit was Zalala se eerste amptelike somer oefenskou.
Die vertoning het plaasgevind op Saterdag, 11 Maart en was ’n groot sukses wat ruiters en toeskouers laat ‘runnik’ het met entoesiasme, beide op en af van die perde af.

Afrigter by Zalala, Danell van Rooyen, het vertel dat hulle hard gewerk het om die dag gereed en in plek te kry.

“Ons was geseën met ’n groot hoeveelheid inskrywings, puik span in die beoordelaarsboks en ongelooflike grondbeamptes en baanbouers,” het sy gesê.
Deel jou nuuswenke met ons via: Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: Instagram Twitter Witbank News toep Facebook page Witbank News Breaking