Brandon Joubert is ’n jong man met vele sporttalente en ’n uitstekende krieketspeler.
Dit is duidelik dat sport sy lewe is.
Dié Hoërskool Generaal Hertzog leerder het sy skool en gemeenskap baie trots gemaak toe hy gekies is vir die Hoëveld Krieketspan wat gaan deelneem het in die Bokkieweek in Nelspruit vanaf 3 tot 6 Oktober.
“Eendag sal hy ’n Suid-Afrikaanse krieketspeler wees en die Comrades wen is een van sy vele drome op sy kerfstokkie. Hy werk baie hard sodat hy sy drome ’n werklikheid kan maak. Sport is sy lewe en dit beteken alles vir hom. Sport is die beste ding in die wêreld, en dit maak van my kind iemand om op trots te kan wees,” het Brandon se ma, Lizelle, gespog.
Vanjaar het dié jong sportster aan die SA’s vir atletiek en landloop ook deelgeneem.
Hy het Mpumalanga verteenwoordig met Aksiekrieket en weer onlangs aan die Bokkieweek-toernooi deelgeneem.
Hy speel ook eerstespan krieket vir sy skool vir die tweede jaar.
Tydens die Bokkieweek het Brandon gewys tot wat hy in staat is en het in die vyf wedstryde altesaam 13 paaltjies gevat.
Op die laaste dag van die wedstyd het Brandon vier paaltjies gevat, 13 lopies geslaan en in net vier boulbeurte.
“Ons wil aan elkeen dankie sê wat ’n bydrae tot sy sukses gehad het, hetsy dit die afrigting was of die bydrae met finansies of die morele ondersteuning. Al die gebede wat hom deurgedra het, baie dankie ons waardeer dit. Sonder julle was niks moontlik gewees nie. Dankie aan God wat ons seun so geseën het met dit wat hy elke dag behaal en voor lewe,” het Lizelle gesê.
Brandon het afgesluit deur almal te bedank vir hul ondersteuning.
“Ek wil dankie sê aan mnr. Jannie van der Walt by Laerskool Klipfontein wat die fondament vir krieket gelê het en dan ook mnr. Tinka van Wyk by Hertzog wat my gebou en gevorm het in krieket.”
Plaaslike nuus | Brandonis ’n ‘all rounder’ op die sportveldhttps://t.co/xzT673tZCw#Witbanknuus #emalahleni #Brandon
— WitbankNews (@WitbankN) October 12, 2023
” rel=”noopener” target=”_blank”>
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram