Oud-troepe werk reeds strategie uit vir volgende jaar
Oud-soldate kom een keer per maand bymekaar en gesels oor vergange dae.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Veterane Vereniging (SAWV) se Swartgoud-eenheid het die naweek hul tweede laaste vergadering vir die jaar gehou.
Dié veterane het sake van belang op Saterdag, 4 November by die Moths bespreek.

Projekte soos ‘Projek heuningwyser’ waar ’n lid opgelei word om met bye te boer en so besigheid te genereer en die koffieboon-projek wat ook in ’n selfonderhoudende besigheid omskep kan word, is bespreek.
Eenheid Swartgoud is in 2021 in eMalahleni gestig.

Oud-kolonel Johan Schmidt, wat die voorsitter van die eenheid is en oud-kolonel Tienie Jansen het lekker gelag oor die sêgoed wat die oud soldate mildelik uitgedeel het.
Die braaivleisvure is na die vergadering aangesteek en die manne en hulle families het die res van die middag ontspan en onthou-stories uitgeruil.

Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.