Amorei McDermid het altesaam 16 trofeë opgeraap tydens Laerskool Onverwacht se toekenningsaand. Sy het ook die Cheetah-toekenning van dr. Leon Pelser ontvang.
Nadia Kemp is Laerskool Onverwacht se junior hengelaar van die jaar.
Laerskool Onverwacht se slimkop, Amorei McDermid het ’n allemintige 16 trofeë ontvang tydens die skool se toekenningsaand.
Neels Basson het die lyne laat sing en is aangewys as Laerskool Onverwacht se senior hengelaar van die jaar.
Die kollig was op 9 November die heeltyd op dié skrander leerder toe sy keer op keer verhoog toe geroep is.
Chantel Sekgothe het die trofee ontvang vir Laerskool Onverwacht se netbalspeler van die jaar.
Sy het die beste vakprestasie behaal in Afrikaans huistaal met 94.3%, Engels addisionele taal 94.5%, wiskunde 97.6%, natuurwetenskappe 99.4%, sosiale wetenskappe 98.5%, tegnologie 98.5%, ekonomiese bestuurwetenskappe 96.7%, kreatiewe kuns 97% en lewensoriëntering 92.9%.
Mutondwa Nethengwe is Laerskool Onverwacht se rugbyspeler van die jaar. Hy het ook Mpumalanga en Nkangala kleure in die sport ontvang.
Met dié akademiese prestasies het sy die Cheetah prys ontvang.
Laerskool Onverwacht se hokkiespeler van die jaar is Ziani Lubbe.
Dié prys word deur dr. Leon Pelser geborg en dit gaan aan elke graad sewe leerder wat meer as 92% gemiddeld kry.
Tswarelo Mokwena se prestasies op die sportveld het vir hom die trofee vir Laerskool Onverwacht se sportman van die jaar ingepalm. Dié sportster is ook aangewys as die beste atleet en hy was kaptein van die atletiekspan. Hy is ook die krieketspeler van die jaar en het sy Mpumalanga en Nkangala kleure verwerf.
Dr. Pelser het die prys in 2006 begin toe sy seun, John-Willy Pelser eerste gestaan het in sy graad met 92%.
Laerskool Onverwacht se kultuur trofee word vanjaar deur Ruan Terblanche en Alwyn du Plessis gedeel.
’n Dag voor John-Willy se toekenningsaand het dr. Pelser die kontantprys aan hom oorhandig en van daar af word die prys toegeken aan elke graad sewe leerder wat John-Willy se 92% kan verbysteek.
Shaelyn Coetser is Laerskool Onverwacht se kultuurdogter van die jaar.
Op die akademiese trofee blink Amorei se plaatjie nou saam met die van haar ma, Yolandi Kilian in 1996 en haar sussie Megan in 2020.
Die langasem van Laerskool Onverwacht, Gotsimodimo Mzala het die trofee in die senior landloop ontvang.
Amorei het ook op die sportveld haar slag gewys.
Loutjie Theron spog met ’n goeie voorgee en het al op die gholfbaan bewys dat hy baie talentvol is. Hy het Laerskool Onverwacht se trofee ontvang vir beste junior gholfspeler, beste bouler en junior krieketspeler van die jaar.
Sy was deel van die netbalspan van die jaar en is ook aangewys as die beste kolwer van die jaar vir die dogters krieketspan.
Alwande Ngubesilo is Laerskool Onverwacht se beste junior sportdogter, sy is ook aangwys as die junior hokkiespeler van die jaar en het die beste vordering gemaak in landloop.Die verhoogligte spel Nkosana Skosana se naam uit. Die leerder van Laerskool Onverwacht is aangewys as die Waggie van die jaar. Hy was die hoofkarakter in die jaar se revue.Engel Boshofff sit jou sommer gou in skaakmat. Sy is aangewys as Laerskool Onverwacht se junior skaakspeler van die jaar.Janeece Pretorius wys haar staal op die gholfbaan. Sy het die trofee ontvang vir Laerskool Onverwacht se beste dogter gholfspeler van die jaar.
Haar naam pryk ook op die senior landsdiener van die jaar trofee, kultuurdogter van die jaar trofee, Waggie van die jaar trofee en het sy ook meriete ontvang vir leierskap omdat sy die jaar die hoofdogter was.
Laerskool Onverwacht se beste junior hokkiespeler is Rebotile Kgobe.Liyema Mtsweni is ’n gholfspeler van formaat wat gereeld saam met sy pa gholf speel. Hy spog met ’n voorgee van 17 en is aangewys as Laerskool Onverwacht se beste senior gholfspeler.Laerskool Onverwacht se beste junior seunsatleet is Khutjo Makanyne.Laerskool Onverwacht se beste junior dogtersatleet is Chezaelyn Williams.
Almal wou weet hoe kry Amorei dit reg om so uit te blink in akademie en sy het gesê, “Ek luister en let op in die klas. Dit maak die toetse en eksamens net soveel makliker.”
Reghard Kemp is aangewys as Laerskool Onverwacht se beste akademiese leerder. Sy gemiddeld is 75.2%.
Amorei McDermid het altesaam 16 trofees opgeraap tydens Laerskool Onverwacht se toekenningsaand. Sy het ook die Cheetah toekenning van Dr Leon Pelser ontvang.
Laerskool Onverwacht se senior atleet van die jaar en senior dogtersatleet is Boigantsho Ngoma.
Wiandré Swart het die trofee ontvang vir Laerskool Onverwacht se beste gholf vordering, 100 lopies in krieket en die beste vordering in krieket.
Nkosenhle Nhlabathi van Laerskool Onverwacht het ’n natuurlike aanvoeling vir tale. Sy het die trofee ontvang vir Afrikaans eerste addisionele taal met ’n gemiddeld van 92.1% en Engels moedertaal met ’n gemiddeld van 91.4%.
Vanjaar word Laerskool Onverwacht se leisels styf vasgehou deur Wiandré Swart (onderhoofseun), Ruan Terblanche (hoofseun), Shaelyn Coetser (hoofdogter) en Jankia van Schalkwyk (onderhoofdogter).
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na [email protected] of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.