Het jy Leon Martin Taljaard iewers gesien?
As jy weet waar Leon Martin Taljaard hom bevind bel me. AnaMaria Taljaard: 064 928 9057.
Daar word dringend na Leon Martin Taljaard (37) gesoek.
Sy vrou, AnaMaria Taljaard het gesê sy het haar man Vrydag 8 Desember die laaste keer gesien.
“My man was op pad na sy ouers toe in Modelpark. Ek het nie weer van hom gehoor nie,” het AnaMaria gesê.
Op die dag van sy verdwyning het Taljaard ’n grys sweetpakbroek, swart hemp en swart tekkies aangehad.
“Hy het ’n stoppelbaard en tatoeëermerke van ’n doringdraad op sy een arm en ’n ster op sy rug,” het AnaMaria gesê.
Taljaard ry ’n Hyundai Getz.
Hy was in November in die nuus toe hy in Mainstraat gekaap is. Hy en ’n vriend het in Mainstraat gestop toe hulle deur drie onbekende mans oorval is.
Het jy meer inligting oor dié artikel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
