Is skoolboeke oortrek ’n pyn vir jou? Hiér’s ’n goeie plan
Ouers/leerders moet die papier, kleefband, plastiek en alles wat nodig is vir die boeke, saam met die nodige instruksies, voorsien.
Dit is byna tyd vir terug skool toe en daarmee saam die oortrek van skoolboeke, wat soms soos ’n berg voor mamma’s lê.
Baie ouers is besig, werk laat en het nie altyd die tyd vir boeke oortrek nie.
Lede van die Senioraksie van die AGS Oasis-gemeente is bereid om leerders se boeke (handboeke, skryfboeke, en enige ander skoolboeke) oor te trek teen ’n donasie.
Ouers/leerders moet self die papier, kleefband, plastiek en alles wat nodig is vir die boeke, saam met die nodige instruksies, voorsien.
Annelie van Staden kan gebel word vir nodige reëlings: 061 428 7345.
“Ons nooi al ons ouers/ leerders uit om hierdie fondsinsamelingsprojek te ondersteun,” het pastoor Deon Scheepers, leraar van die gemeente, gesê.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
