Stink water veroorsaak tsunami van woede
Daar is inwoners wat al ’n week sonder water aansukkel.
Water was een van die besprekingspunte tydens Wyk 20 se maandelikse vergadering.
Die punt was duidelik onderstreep op die agenda wat op Woensdag 10 Januarie deur raadslid Maureen Scheepers voorgesit is.
Inwoners is boos oor die gebarste pype, die kleur van die water asook die water se reuk.
Dit was veral inwoners van die Zeekoewater plotte en Montrosestraat wat teen Saterdag 13 Januarie vloede van woedende boodskappe op die wyk se WhatsApp groep geplaas het nadat hulle 11 dae sonder water moes klaarkom.
“Ons is gatvol. Ons kan nie meer nie,” het me. Kathy Olckers van een van die Zeekoewater plotte laat hoor.
Laat Sondagmiddag was die munisipale span by die oorsaak van die waterprobleem en teen 18:13 was al die water terug.
Mnr. John Cornish het ook tot die gesprek toegetreë nadat van sy hemde gevlek het as gevolg van bruin water wat deesdae gereeld deur Wyk 20 se pype vloei.
Hy moes al sy wasgoed by ‘n wassery laat was en hulle kon gelukkig al die vlekke uit sy hemde kry.
“My wasmasjien werk op ‘n tyd skedule en kom aan wanneer ek by die werk is. Sodra ek by die huis kom is die laaste siklus net klaar en kan ek my wasgoed ophang. Ek was woedend toe my duur hemde almal bruin vlekke opgehad het. Dit het my darem nie duur gekos om die hemde weer skoon te kry nie, maar die ongerief is iets wat my heeltemal omkrap.”
Van die wyk se inwoners het ook oor die naweek oor die klankie gekla wat aan die water kleef.
“Ons wasgoed ruik soos riool. Mens raak skoon naar van die reuk. Ons huise stink ren ons moet goed in ons badwater gooi dat ons nie stink as ons klaar gebad het nie,” het me. Marika Smit vertel.
Witbank Nuus het reeds verlede week probeer om antwoorde vanaf die munisipaliteit te kry oor die water probleme in Wyk 20 asook die standaard van die water.
Tot op hede was daar nog geen terugvoer van die munisipaliteit as nie.
Dit was nie net Wyk 20 wat die afgelope naweek sonder water gesukkel het nie.
Uitbreiding 19 se krane was ook leeg nadat verskeie watermeters indie area gesteel is.
Dit saam met die area se waterlekke en gebarste pype was die oorsaak van die leë krane.
Die hoofwatertoevoer langs die Paxtonpad het ook gebars en dit het verskeie areas tussen Paxton, Klarinet en Pine Ridge sonder ‘n druppel water gelaat.
Onbeplande herstelwerk aan Punt-C reservoir het die skuld gekry vir die ‘droeë naweek’ in Uitbreiding 16, Duvhapark, Tasbetpark, Reynorif, Ben Fleur, Del Judor, Bankenveld, Hoëveldpark, en die area om Corridor Hill.
Local news | Water supply outage in eMalahleni
Read more here: https://t.co/3HVEmeH59v#ELM #Witbanknews #emalahleni— WitbankNews (@WitbankN) January 17, 2024
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
