Local newsNews

Diewe gaps rekenaars met familie se foto’s op

Die Eloff-familie se gesinsfoto’s is weg nadat by hulle ingebreek is. Hulle is op soek na die skootrekenaars wat Saterdag uit hulle huis gesteel is.

’n Onderwyser is skoon omgekrap nadat daar by sy huis ingebreek is en drie skootrekenaars gesteel is.

Mnr. Ben-Philip Eloff het gesê die inbraak het Saterdag, 27 Januarie plaasgevind.

“Ons was tussen 15:00 en 20:00 by ’n verjaarsdagpartytjie toe daar ingebreek is,” het Ben-Philip gesê.

Die diewe het die traliewerk by die gesin se huis in Uitbreiding 8 oopgebreek en toegang tot die huis verkry.

“Op die skootrekenaars is sentimentele foto’s van ons kinders,” het die onnie gesê.

Hy het gesê die diewe het sy skoolhandboeke uit sy rugsak gehaal en die drie skootrekenaars in die rugsak gesit. Die rugsak se ritssluiter het neon oranje etikette (tags) op.

Twee van die rekenaars is Dell rekenaars en die derde een ’n HP rekenaar. Op die een Dell rekenaar se sleutelbord is ’n knoppie weg.

As jy weet waar die skootrekenaars is, skakel Ben-Phillip: 072 546 4329.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button