Local newsNewsSport

Son, sang en sport tydens interlaer

Die resultate van die sportbyeenkoms sal beskikbaar wees sodra dit bekendgemaak word.

Dit was ’n dag vol pret en nuwe rekords by die interlaer atletiekdag wat gehou was by Laerskool Kragbron.

Die opkoms van ondersteuners en atlete was uitstekend en die sportmangees puik.

Die dag het begin met langafstand-wedlope en die kinders het hul bes probeer terwyl die grootmense in die bloedige hitte onder die skadu’s van die bome die atlete aangemoedig het.

Op Woensdag, 7 Februarie het al die sportsterre van die laerskole in die omgewing die byeenkoms bygewoon om te kan sien wie die room van die oes is.

Die opgewekte ondersteuningsliedjies het uit die pawiljoene gedreun.

Baie sonroom, hoedens en yskoue water het die kinders en ondersteuners vars en fris gehou. ’n Paar ouers sou definitief ’n ‘ondersteuner van die jaar-prys’ gewen het met hul ondersteuning.

Die trots op al die kinders se gesigte dat hulle kon deel wees van dié besonderse dag, was tasbaar.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

Check Also
Close
 
Back to top button