Local newsNews

Die verskil tussen huis en tuis lê Dippie na aan die hart

Dippie ry dié naweek 1 600km om ’n verskil te maak vir ’n kinderhuis.

Baie mense het dalk ’n huis, maar hulle voel nie tuis nie.

Dit is met hierdie gedagte dat Dippie Dippenaar ’n liefdadigheid-avontuur met ’n verskil die naweek aanpak wat alles begin het met ’n droom.

Voor die meeste mense nog eers hul oë oopmaak, gaan die 72-jarige Dippie al op sy motorfiets wees met die eindbestemming in Ballito.

Hy gaan 1 600 kilometer ver ry en langs die pad, met God se genade, baie ondersteuning kry.

Die roete wat Dippie gaan ry.

Die doel is om in elke dorp tussen eMalahleni en Ballito, nog motorfietsryers bymekaar te maak, en as een groot groep op straat te slaap in Ballito.

Dippie ry nou al vir meer as 60 jaar motorfiets. Hy is die nasionale president van die Boanerges MCC.

In Oktober hierdie jaar bestaan die klub al 20 jaar. Hulle het nog nooit ’n lidmaat op ’n motorfiets verloor nie en Dippie glo dit is omdat hulle ’n Christelike familie is.

Hulle naam, Boanerges, kom uit Markus 3:17 in die Bybel – “Jakobus seun van Sebedeus en Johannes die broer van Jakobus – vir julle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê, ‘manne van donder’”.

Soos Dippie verduidelik het, “In die lewe het ons baie keer ’n huis, maar nie ’n tuiste nie. Ons ry die lewe se paadjie om ’n huis te hê, maar min mense is tuis. Ons gaan terug van haweloos wees deur die dag na ’n gebou wat net ’n huis is, nie ’n tuiste nie. Die reis waarop ek gaan is bitter moeilik, maar dit is om lyding van minderbevoorregte mense beter te verstaan. Enige geld of donasies wat ek en die ander motorfietsryers insamel, sal aan ’n kinderhuis geskenk word.

Dippie begin sy rit op Saterdag, 2 Maart, slaap die aand op die straat in Ballito en hy ry Sondag, 3 Maart terug. Dit is ’n lang pad, maar hoe ver is ver om liefde vir jou medemens te wys?

Die verskillende dorpe waardeur hulle gaan ry, word gevra om asseblief donasies te gee en die WITBANK NUUS sal hul roete plaas vir dié wat wil ondersteun. Die opvolg op wat Dippie beleef en oor sy groot avontuur, sal vertel word nadat hy ’n kans gekry het om te rus.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button