Jou verkeersboete kan verminder word as jy Saterdag by River Crescent gaan inloer
Emalahleni Verkeersdepartement hou ’n veldtog om ‘vinnige’ motoriste te help om hul boetes te verminder.

Die Emalahleni Plaaslike Verkeersdepartement nooi die gemeenskap om hulle verkeersboetestatus te kom bevestig.
Op Saterdag, 2 Maart, gaan daar ’n verkeersbewustheidskennisgewingdag by die River Crescent Pick n Pay wees.
Motoriste sal gehelp word met vermindering van enige boetes wat hul het.
Geen kontant sal aanvaar word nie, maar kaartbetalings is welkom,’’ het die plaaslike munisipaliteit se kommunikasie-afdeling laat weet.
Die veldtog begin om 08:00 tot 14:00.
Die veldtog is om teleurstelling by ’n verkeersblokkade te vermy en te help om betalings makliker te maak vir die gemeenskap.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
·Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
·Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
