Local newsNewsSport

eMalahleni se ‘legendes’ is slaggereed vir nasionale kompetisies

Densetsu Dojo spog met een goue medalje na ’n onlangse kompetisie.

Densetsu Dojo is dalk net een jaar oud, maar hulle is alreeds besig om betekenis aan hul naam te gee.

Densetsu beteken ‘legendes’ in Japannees, en hulle is werklik besig om legendes te vorm.

Op Saterdag, 17 Februarie het vyf van hulle karatekas aan die Karate Suid-Afrika byeenkoms deelgeneem. Hul dojo spog met een goue medalje in die senior afdeling.

Al vyf karatekas was gekies om op 1 Maart tot 2 Maart in die Nasionale Karate Suid-Afrika toernooi in Kaapstad deel te neem.

In die Japan Karate Assosiasie (JKA) Mpumalanga provinsiale kompetisie het 12 van hul karatekas deelgeneem.

Hulle het 22 goue medaljes en twee silwer medaljes ontvang.

Die karatekas het ook almal op 24 Februarie hul provinsiale kleure gekry en sal aan die nasionale kompetisies deelneem.

“Ons is baie dankbaar vir al ons borge wat ons gehelp het met vervoer, drukwerk, sport aanvullingskos en die wonderlike ondersteuning van die gemeenskap. Ons dojo is net ’n jaar oud, maar ons het al baie gegroei en gaan nog groter en meer suksesvol word,” het senpai Geraldine Conlon gesê.

Deel gerus jou sportklub se nuus met ons:

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 
Back to top button