Local newsNews

Na vier maande word dief gevang

Ná vier maande vang sekuriteitsmaatskappye in 'n gesamentlike operasie 'n man wat gereeld goed steel by 'n paartjie in Blancheville.

’n Dief het knaend in ’n paartjie wat in Blancheville bly se tuin in Adelastraat oor die muur gespring en seker lekker sy eie tuin versorg met hulle tuintoerusting, maar hy het dit sopas vir die laaste keer gedoen!

Die paartjie wat anoniem wil bly vir veiligheidsredes, sukkel nou al vir maande met dieselfde inbreker wat hul tuin gebruik as sy persoonlike winkel, en gereeld ‘inkopies’ daar kom doen het.

Dieselfde brawe dief het minstens nou al vyf keer by dieselfde huis oor die muur gespring, en is nog elke keer op kringtelevisie opgeneem wat die paartjie in hul erf opgesit het.

Op Donderdag, 14 Maart, het die booswig sy Moses teëgekom toe hy oor die muur spring met ’n sak vol gesteelde goedere en hy in hegtenis geneem is in ’n gesamentlike operasie tussen Asada Protection Services, CSC Tactical en Vital Security.

 

“Dankie tog, na vier maande se rot en kaal besteel, is hy gevang! Ons is só dankbaar vir almal wat gehelp het,” het die vrou verlig vir WITBANK NUUS vertel.

 

“Hopelik bly hy in die tronk en dat geregtigheid geskied,’’ het Andries Botha van Asada Protection Services gesê.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za

• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button