Bring jou kombersie en klets en kuier saam met AGS Oasis Reynorif se vroue-aksie
Kaartjie verkope sluit 28 Maart om 12:00.

’n Lekker ‘sleep over’ word eersdaags deur die AGS Oasis Reynorif se vroue-aksie aangebied.
Op 5 April gaan die vroue by die kerk oorslaap.
Die lekker oorslaap begin om 18:00 en kos net R100.
By die prys is ’n smullekker ‘bunny chow’ en mengelslaai, springmielies, ’n fliek en koffie en beskuit vir die volgende oggend ingesluit.
Al wat jy moet saambring is ’n opblaasmatras, ’n voukatel (stretcher) en beddegoed asook jou eie peuselhappies en koeldrank vir die fliek.
Bel vir Felicity Jordaan vir meer inligting: 083 743 5237.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
