Inwoners van Jackaroopark sal bly wees om te hoor dat beskadigde kragkabels binnekort oopgegrawe en herstel gaan word sodat straatligte in die buurt weer aangeskakel kan word.
Die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit se bestuur het uiteindelik, ná volgehoue druk van die Vryheidsfront Plus (VF Plus) begin om bome in die buurt te snoei.
“Dit het gevolg nadat daar onlangs ’n vlaag inbrake in die woongebied was. Ongesnoeide bome en plante in die park het die perfekte skuilplek aan misdadigers gebied. Kommer oor die veiligheid van inwoners is herhaaldelik teenoor die munisipale bestuur uitgespreek,” het Linda Vorster, VF Plus raadslid gesê.
Vorster het gesê die VF Plus sal binnekort ’n oorsigbesoek aan die gebied bring om te kyk of die werk behoorlik gedoen word.
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
