Local newsNews

Brandon hardloop vanmiddag in die finaal in die SA’s skole atletiek kampioenskappe

Brandon is vanmiddag om 14:00 in aksie tydens die SA’s skole atletiek kampioenskappe.

Hoërskool Generaal Hertzog en die res van eMalahleni hou asem op terwyl Brandon Joubert  (17) regmaak om aan die SA’s skole atletiek kampioenskappe 800m finaal deel te neem.

Dié resies vind om 14:00 plaas.

Brandon het gister (5 April) eerste plek behaal in die semifinaal.

SIEN DIE VIDEO HIER:

Hy het kort-kort oor sy skouer gekyk terwyl die afstand tussen hom en die ander atlete al groter geword het.

Brandon het nie eers moeg gelyk toe hy die wenstreep nader nie.

Op 23 Maart was hy die negende vinnigste atleet in sy ouderdomsgroep toe hy aan die  ASA se SA’s op Pilditch Stadion deelgeneem het.

Laai gerus hierdie toep af vir aksiebelaaide atletiek en onthou om Brandon te volg wanneer hy vanmiddag wegspring: Super Sport Schools App

As jy ’n storie het om te deel stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button