Local newsNews

Magnolia bak watertand smulhappie en gesels oor kuns en komberse

Die Vroue Landbou-unie Magnolia-tak in eMalahleni het altyd pret en plesier wanneer hulle bymekaarkom, gesels en lekkernye bak.

Die Vroue Landbou-unie Magnolia-tak het ’n lekker besige maand agter die rug.

Op 9 April het die taklede bymekaargekom en Paasfees gevier. Hulle tema was ‘Gee jouself ’n blaaskans’.

Tydens die vergadering het hulle oor die kunstenaar van die jaar, Marcia Keen, gesels. Marcia is ’n inwoner van eMalahleni wat bekend is vir haar Jazz en kabaret optredes.

Frances Theron het gewys hoe om blokke vir ’n kombers aanmekaar te werk en Mola borduurwerk te doen.

Rina Smith saam met Frances Theron.

Die reuk van Churros het die lug gevul toe lede gewys is hoe om dit te bak.

“Ons het Churros met patats en meel gemaak en kaneelsuiker oorgegooi. Jy kan dit ook met ’n lekker karamelsous eet,” het Olive van der Westhuizen van die tak vertel.

Die tak het ’n paar senior dames bederf en vir karwagte medisyne en verbande gegee vir wonde.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

Check Also
Close
 
Back to top button