Local newsNews

Reinette – eerste vrou in 23 jaar wat Bloemhofdam Bonanza wen

Emalahleni vrou maak geskiedenis toe sy Bloemhofdam Bonanza wen. Sy het haar 80cm karp met ‘Spiderman’-aas gevang.

Gee ’n vrou ’n vis en voer haar vir ’n dag – leer haar hoe om vis te vang – en sy wen sommer die Bloemhofdam Bonanza!

Toe André Barnard in 2018 sy vrou, Reinette,  oortuig het om haar Comrades-tekkies op te hang en visvang te probeer, sou hy nooit kon dink dat sy eendag die eerste vrou in 23 jaar sou wees wat dié gesogte visvang-kompetisie sal wen nie.

Reinette Barnard met Giffie op haar skouer en die wen karp.

Die hengelaar-egpaar en hul geliefkoosde troeteldiertjie, Giffie die voëltjie, het vir vier dae tussen 27 April en 1 Mei hul lyne in die water gesit en maar gehoop vir ’n byt.

In die laaste twee ure van die kompetisie, voel Reinette op haar laaste stok dat sy iets groots op haar lyn het.

Toe sy die vis naby genoeg aan die boot gebring het sodat haar man hom met ’n net kon opskep, het sy net geweet sy het sopas die wen-vis gevang, “Toe ek die vis sien, het ek in trane uitgebars. Ek het geweet ek het gewen, maar is nog in skok,” het sy opgewonde gesê.

Reinette Barnard in trane met haar wen-vis.

Sy het haar 80cm karp met ‘Spiderman’-aas gevang en is reg vir die volgende visvang-kompetisie – en dié keer gaan sy ’n tiervis haak.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 

 
Back to top button