Oom Coert en tannie Annetjie is veilig
Die bejaarde Van Rooyen-egpaar is vanoggend 02:30 op die N4 tussen Middelburg en eMalahleni met ’n pap wiel gevind.
Die bejaarde egpaar oom Coert en tannie Annetjie van Rooyen wat gister soek was, is vanoggend in die vroeë oggendure gevind.
Hulle is op 17 Mei omstreeks 02:30 op die N4 tussen eMalahleni en Middelburg met ’n pap wiel deur die polisie blitspatrollie gevind.
Die hele wêreld was gister opsoek na die 84-jarige oom Coert en 70-jarige tannie Annetjie nadat hulle bande op hulle groen Ford Figo in Middelburg laat opsit het, en nie na dit by die Ultra City opgedaag het soos afgespreek was met ’n familielid nie.

Hul seun, mnr. André van Rooyen het dadelik onraad vermoed en ’n grootskaalse soektog is begin.
“Ek is tot laat gisternag gekontak en daar is gesê dat my ouers op verskeie plekke in eMalahleni gesien is. Ek is innig dankbaar dat hulle ongedeerd gevind is,” het Van Rooyen gesê.
“Die wêreld is onderstebo, maar in die geval is daar weereens bewys dat mense omgee. Baie dankie aan een en elkeen wat gehelp soek het,” het Van Rooyen gesê.
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
