Local newsNews

Kollig op vermeende straatlig dief

'n Man van eMalahleni is gevang nadat hy glo met straatligte peter

SACCW-lid, Frik van Dyk het ’n vermeende dief gevang wat glo die gemeenskap al vir ’n hele ruk teister met sy aanhoudende diefstal van die straatligte se komponente en bedrading.

Vermoedelik gesteelde straatlig komponente en bedrading.

Van Dyk is al lank op ’n dief se spoor wat glo besig is om met straatligte se komponente te peuter.
Hy het die man, wie hy glo verband hou met die diefstalle, Maandag, 13 Mei in Klipfontein vasgetrap.

“Hierdie is heel moontlik dieselfde dief wat die ligte se bedrading en komponente by die Puma Stadion gesteel het, en die rede dat soveel strate in die donker is,” het Van Dyk gesê.

“Ek verneem hierdie is die dief wat ons nou al vir ’n rukkie probeer vang. Elke keer wat ons hom nog probeer vang het, het hy ongelukkig ontsnap om oor treinspore te hardloop en te verdwyn, maar nie vandag nie,” het Van Dyk verder gesê.

’n Saak van diefstal is teen die verdagte oopgemaak by die Witbank polisiestasie.

Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button