Local newsNews

WH De Klerk leerling gekies vir die Pumas

17-jarige Wian Oosthuizen gekies vir die Pumas en daar word geld ingesamel vir ekstra uitgawes.

Wian Oosthuizen (17) is onlangs gekies om vir die Pumas te speel, maar eers moet hy sy Cravenweek-toer klaarmaak voordat eMalahleni hom in sy splinternuwe Pumatrui kan sien, en dit is waar die rugbyliefhebbers van die steenkoolstad inkom.

Wian speel al sy hele skoolloopbaan rugby.

Dit is sy trots en sy lewe, en die een ding wat hom die motivering gee in die lewe om elke dag op te staan en ’n beter jong man te wees.

Wian het alreeds vir sy skool se eerstespan rugby gespeel, en nou begin mense buite die skool sy talent ook raaksien.

Wian is ’n ongelooflike groot seun, en is baie groter gebou as meeste van die seuns wat hy gewoonlik in die grond inploeg gedurende sy rugby wedstryde.

Sy groot bou maak hom perfek vir die flank posisie en mens moet sien hoe kan hy ’n skrum druk.

Die toer gaan Potchefstroom toe tussen 14 en 19 Junie.

Sy ouers het deur harde werk al klaar sy toergeld betaal aan die Pumas, maar die reuse jong man benodig nuwe rugbystewels, asook sy uniform, sweetpak en ander benodigdhede wat deesdae ten duurste kos.

Indien jy ’n donasie wil maak, kontak gerus sy ma, Cynthia Rossouw by 084 085 7225.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

 
Back to top button