Local newsNews

Witbank meet dié naweek kragte teen Bethal

Witbank Rugbyklub se eerste span is steeds heelbo aan die puntelys van die premierliga.

Witbank Rugbyklub is steeds heelbo op die log na die afgelope naweek se westryde teen New Castle.

Dit was die eerste keer die seisoen dat ’n derde span gespeel het en die talent wat waargeneem is, is ongelooflik.

Die derde span het 28-7 gewen, die tweede span 22-5 en die eerste span 43-28.

Die tweede span se vier drieë is deur Paul Nel, Nelius Snyma, Sipho Kachelenga en Kabelo Leshaba gedruk.

Pual het met een doelskop pale toe geslaag.

Die tweede span lê nou tweede op die puntetabel.

Die eerste span se blitsvinnige Tshepo Mosumo het ’n driekuns behaal, Japie Kleinhans het twee drieë gedruk en Tammy Zulu en Willa Martin een elk.

Alec Vermaak se visier was ingestel en hy het vier doelskoppe deur die pale gestuur.

Tshepo is as agterspeler van die wedstryd aangewys, ’n toekenning wat hy verdien na sy indrukwekkende spel.

Ruan van der Colff is aangewys as die voorspeler van die wedstryd.

Dié Saterdag kom Bethal kuier.

“Daar gaan bietjie kombinasie veranderinge wees. Ons het ’n plan teen Bethal,” het Gerhard van der Heerver, die afrigter gesê.

Sien meer fotos hier:

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button