KidsLocal newsNews

Kindertjies maak seekatjies

Kindertjies by Vinkel en Koljander leer lekker saam met VLU Nocturne.

Die lewenslustige en geduldige dames van die VLU Nocturne-tak het soveel pret gehad met die kleintjies van Vinkel en Koljander Kleuterskool toe hulle die klein mensies geleer het hoe om die oulikste seekatjies met wol te vleg, wat hulle na skool saam met hulle huis toe kon vat.

 

Op Vrydag, 10 Mei het die dames as deel van hulle jeug-uitreik projek vir ’n hele bondel kleuterskool kindertjies elkeen ’n pakkie gegee met wol, twee plastiek ogies, ’n plastiek mondjie, strikkies en rekkies. Die kinders was baie nuuskierig en het uit hul nate gebars van opgewondenheid om te leer hoe om die seekatjies te maak.

 

“Ons moet nie vergeet van ons jeug nie. Dit is altyd lekker om kennis en liefde uit te deel aan jong mense. Die jeug is ons toekoms, het voorsitter Wilma van Zyl gesê.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

Check Also
Close
Back to top button