Bekende eiendomsagent in eMalahleni sterf by die huis
Gerhard het altyd gelag en die lewe ten volle geniet.

Die hartseer nuus dat die bekende eiendomsagent, Gerhard Nel, vanmiddag oorlede is, is bevestig.
Daar word vermoed ‘n epileptiese aanval was die oorsaak van sy dood.
Sy broer Freddie Nel het gesê, hulle ma, Aggie Nel het op Gerhard se liggaam afgekom.
“Gertjie het almal altyd laat skaterlag,” het Elrina Bezuidenhout gesê.
“My hart is stukkend,” het Nadia Fourie op sosiale media geplaas.
Lulu Isenegger het gesê Gerhard was die snaakste en stoutse persoon saam met wie sy al ooit gewerk het.

Gerhard was ‘n huurkonsultant by Chas Everitt Emalahleni
Witbank Nuus se innige simpatie gaan aan die familie uit.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.